Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Kolskoot deur Han van Staal

As jy wil skiet, moet dit raak wees.

Admin profile image
by Admin
Kolskoot deur Han van Staal

Africa InTouch News is uit ons velle en in ons noppies van opgewondenheid om ons eerste blog-skrywer bekend te stel - en dit so op die vooraand van ons eerste verjaarsdag!

Han van Staal, wat ook onder haar vriende bekend staan as Hanzo, draai nie doekies om nie.
Nie net skiet sy uit die heup wanneer die situasie dit verg nie, maar sy skiet boonop raak. Kolskoot.
Haar eerste inskrywing sal vroeg in volgende week verskyn.

Ons nooi almal hartlik uit om kommentaar te lewer op haar plasings, so slyp solank julle tande, stof af die brille en trek julle debat-broeke se gulpe op (of af) - maar wat julle ookal doen, moenie lou wees nie!

Biografie:

Ek is 'n 'wannabe' skrynwerker, boekbinder, webontwerper, avonturier en roller-derby entoesias met stukkende knieë en 'n oop glimlag.
Ek het al allerlei dinge probeer, sommiges met sukses en vele daarsonder. Daar is egter 'n deurlopende tema in al my pogings - 'n liefde vir boeke - lees, bestudeer, restoureer, maak en soms ook skryf.
Binne my is daar 'n morbiede fasinasie met dekonstruksie en goggas (soms tesame). My nagraadse kwalifikasie in Literêre en Kulturele teorieë het ek verwerf aan die Universiteit van Pretoria.

Gesels met Han van Staal op Facebook

Admin profile image
by Admin

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More