Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Afrikaans.com is op soek na sterre vir 'n TV-advertensie

Sit sommer vandag nog jou kreatiewe hoed op en maak jou video.

Admin profile image
by Admin
Afrikaans.com is op soek na sterre vir 'n TV-advertensie

Afrikaans.com se jongste veldtog, Jy is Afrikaans as ..., vestig die aandag op wat Afrikaanspraters laat uitstaan. Daarom word die publiek gevra om die stelling, Jy is Afrikaans as ... , te voltooi deur daardie unieke karakter van Afrikaanswees in ’n kort video uit te beeld. As jy dus trots is op jou Afrikaanse wortels of sommer net lief is vir die taal, nooi ons  jou uit om aan die kompetisie deel te neem. Wie weet, dalk is jou video een van die vyf wenvideo’s en kry jy so die geleentheid om deel van Afrikaans.com se jongste veldtog te word. Sit dus sommer vandag nog jou kreatiewe hoed op en maak jou video. Inskrywings het 15 Mei oopgemaak, maar jy het tot 15 Junie 2020 kans om deel te neem.

Jou prys? Uittreksels van wenvideo’s word deel van Afrikaans.com se nuutste TV-advertensie!

Wat moet jy doen?
Maak ’n video van nie langer as 60 sekondes nie, waar jy iets uniek van die Afrikaanse kultuur en/of taal uitbeeld ... want jy mag mos trots wees op jou Afrikaanswees en dit vier. Dit is tog deel van jou identiteit. Plaas die video op jou Facebook- of Instagramblaaie en merk (tag) Afrikaans.com by @afrikaans.com. Jy kan ook jou video op YouTube laai en die skakel vir ons e-pos na myafrikaans@afrikaans.com en onthou die hutsmerk #tuisinjoutaal.

Kompetisiereëls en -kriteria
Kreatiwiteit, oorspronklikheid en videogehalte sal bydra tot ’n moontlike wenvideo. Gaan na www.afrikaans.com en klik op die Projekte-blokkie op die Tuisblad. Hier kry jy die volledige kriteria waaraan jou video moet voldoen, die kompetisiereëls, asook die bepalings en voorwaardes.

Neem sommer vandag nog deel!
Daar is min tyd, maar aangesien ons steeds in inperking is, is nou juis ’n geleentheid om ons daaglikse bestaan so bietjie op te kikker. Afrikaans.com kan nie wag om jou video te ontvang nie!

Enige navrae kan gerig word aan myafrikaans@afrikaans.com

Admin profile image
by Admin

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More