Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Big Auto hou kookwater straatdag in Rocky Drift

Daar word beoog om dit ‘n gereelde instelling te maak.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Big Auto hou kookwater straatdag in Rocky Drift

Om ‘n suksesvolle straatdag te reël sit nie in elke ou se broek nie, en al is jou beplanning en bemarking hoe goed, is daar altyd die een aspek waarvoor niemand voorsiening kan maak nie – of mense uit die gemeenskap wel gaan opdaag of nie. Hierdie is grootendeels ook die rede waarom daar deesdae maar min gemeenskapsbyeenkomste is. Mense het nie meer tyd nie en daar is eenvoudig te veel aktiwiteite om van te kies – dis nie soos in ons voorouers se dae wat die hele kontrei deel sou wees van so ‘n pretdag nie.

Hoe dit ookal sy, die gesegde "Gaan groot of gaan huis toe", het behoorlik betekenis gekry die afgelope naweek. Big Auto (Sangoma Motors), in samewerking met XTreme Outlaw Mpumalanga, se straatdag wat Saterdag plaasgevind het, was behoorlik kookwater. Só 'n reusesukses was dit dat daar beoog word om dit ‘n gereelde instelling te maak.

Die doel was om besighede in Rocky Drift, wat tussen Nelspruit en Witrivier geleë is, blootstelling te gee, maar ook om ‘n lekker kuierdag te bewerkstellig. Die fokus was voertuie, en menig groot name in die motorbedryf was vroegdag reeds daar. Nogtans was almal welkom, selfs die wat nie veel erg het aan goed met wiele nie – hulle het immers net so lekker saam geëet en saam gekuier.

Of jy dus wou spog met jou voertuig se kragtige enjin of jou blinkskoon bakwerk, en of jy net die gesin bietjie uit die huis wou kry, die perseel van Big Auto (Sangoma Motors) was beslis die plek om te wees.

Hierdie video vertel die storie

Lees HIER meer oor Big Auto (Sangoma Motors) en die mense wat die hartklop is van hierdie besighede.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More