Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Comair-uitspraak: 'n Oorwinning vir werknemers en arbeidsverhoudinge

"Honderde werknemers se werk word danksy hierdie ooreenkoms beskerm."

Admin profile image
by Admin
Comair-uitspraak: 'n Oorwinning vir werknemers en arbeidsverhoudinge
Stock Image: GR Stocks@grstocks.

Solidariteit het vandag die uitspraak in die arbeidshof dat ʼn kollektiewe ooreenkoms tussen Comair en Solidariteit gehandhaaf word, verwelkom. Volgens Solidariteit bied hierdie uitspraak meer sekerheid en vertroue aan werknemers, werkgewers, sowel as die lugredery se beleggers.

“Dit was van kardinale belang dat hierdie ooreenkoms geldig bly om die voortbestaan van die lugredery te verseker en om dit vir hom moontlik te maak om op 1 Desember weer te begin vlieg. Honderde werknemers se werk word danksy hierdie ooreenkoms beskerm en die lugredery se volhoubaarheid word op die lang termyn bevorder,” verduidelik Derek Mans, organiseerder van lugvaart en verdediging by Solidariteit.

Solidariteit voer aan dat hierdie wending ʼn groter tendens in arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika verteenwoordig en dat dit meer algemeen sal en moet word dat vakbonde en werkgewers mekaar om die onderhandelingstafel as vennote, eerder as opponente, benader.

“Ons ooreenkoms, en hierdie uitspraak, bevestig dat ons in ʼn nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge leef. In ʼn post-Covid-19-wêreld sal partye tot arbeidsverhoudinge toenemend op grond van gemene belange en gemene gewin moet beding in plaas van die tradisionele benadering van opponerende belange,” stel Mans dit. “In die breë moet hierdie verwikkeling verwelkom word en in besonder met betrekking tot lugvaart waar die ganse bedryf steeds probeer herstel ná ʼn ongelooflike uitdagende jaar,” sluit Mans af.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: Solidariteit Media

Admin profile image
by Admin

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More