Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Die Valies is op pad!
Photo: Andrea Piacquadio.

Die Valies is op pad!

Geniet Suid-Afrika se kusdorpe, maar behandel dit met dieselfde respek wat jy in jou eie dorp sou verwag. Vakansies is tydelik. Gemeenskappe nie.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

🔴 Lees ook:

A summer escape filled with warm coastal charm
Mozambique’s southern coast is ideal for travellers seeking sunshine, beaches, diving and relaxed summer days.
Elke jaar, wanneer skoolvakansies en langnaweke aanbreek, verander die ritme van die meeste kusdorpe in Suid-Afrika. "Die Valies is op pad!" is 'n algemene sêding wat, verál met die begin van die Desembervakansie, oor menig Kapenaar se lippe rol.

Die woord Valies, wat oorspronklik verwys het na uitsluitlik die vakansiegangers uit die ou-Transvaal, het lankal nie meer betrekking op slegs Valies nie. Die woord het bloot in mense se nersderms vasgehaak en verwys na enigeen wat vakansietye kom nes skrop by die see. Die gesegde is hier om te bly. Die Valie wat op pad is, kan netsowel die ene van die buurdorp wees.

Hoe dit ookal sy, die strande raak voller, restaurant-personeel werk oortyd, winkels verleng hul ure en die kus word ’n toevlugsoord vir gesinne en groepe wat wil ontspan. Nié net in Kaapse kusdorpe nie, maar ook die van KZN.

Toerisme word meer as verwelkom. Dit hou klein dorpe aan die gang, ondersteun plaaslike besighede en bring noodsaaklike seisoenale inkomste na kusgemeenskappe, maar saam met die voordele keer daar elke vakansieseisoen ook ’n ander werklikheid terug - die gaping tussen vakansiegedrag en alledaagse lewe.

Sorgelose dae op die strand vertel dikwels dieselfde storie: waardevolle items wat oop en bloot in die sand lê, rommel wat deur die dag ophoop, motors wat parkeer net daar waar hulle 'n gat sien om 'n ryding se neus in te druk. Dit gebeur selde met slegte bedoelings - ons almal weet tog hoe dit voel - daai vakansiegees wat verantwoordelike gedrag so bietjie na agter skuif en gevolge van jou dade tot doer op die horison van jou gedagtes stoot.

Wat maklik vergeet word, is dat vakansiedorpe nie oorde is wat aan- en afgeskakel word met die seisoene nie. Dit is gemeenskappe waar mense leef.

Vir inwoners gaan die alledaagse lewe voort. Mense gaan steeds werk toe, stap met hul honde, ontvang aflewerings en is afhanklik van toegang tot hul huise. Elke Desember bring dieselfde uitdagings. Strande wat ná besige dae vol rommel lê, verg tyd en hulpbronne om skoon te maak. Motors wat voor opritte parkeer, is nie bloot ’n geringe ongerief nie, maar ’n werklike ontwrigting. Dan is daar die waardevolle items wat onbewaak gelaat word, wat nie misdaad uitnooi omdat die plaaslike inwoners oneerlik is nie, maar omdat geen kansvatter ooit vakansie hou nie.

Dit is belangrik om dit, nog 'n maal, duidelik te stel: alle besoekers is nie ’n probleem nie. Wat die inwoners van kusgemeenskappe vra, is respek vir hulle spasies.

Onthou asseblief, ’n kusdorp bly steeds:

  • iemand se woonbuurt,
  • iemand se werkplek,
  • iemand se tuiste.

Wanneer besoekers terugkeer binneland toe, bly die inwoners agter om orde te herstel en na roetine terug te keer - lank nadat die vakansieverkeer verdwyn het.

Suid-Afrika se kuslyn behoort aan almal.

Geniet dit, beskerm dit en behandel dit met dieselfde respek wat jy in jou eie dorp sou verwag. Vakansies is tydelik. Gemeenskappe nie.

🔴 Lees ook:

Why I can’t stay away from the Garden Route
From Storms River and Knysna forests to ethical wildlife sanctuaries, creative craft markets, and calm lakes, the Garden Route delivers unforgettable experiences.
How much does a South African Christmas holiday really cost?
A Christmas holiday can stretch the wallet faster than the road between Joburg and the coast. Here’s what a realistic festive budget looks like…
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More