Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Laerskool Barberton kuier by die museum

Die gala aand van 'Night at the museum' vind môre plaas.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Laerskool Barberton kuier by die museum

BARBERTON - Laerskool Barberton Primary het hierdie week hul jaarlikse konsert op die planke gebring. Dit was 'n behoorlike miernes van bedrywigheid en onderwysers en leerders het almal deelgeneem aan die opvoering. Die gala aand van 'Night at the museum' vind môre plaas. Almal wat deel gehad het om van hierdie week 'n sukses te maak kan hulself gerus op die skouer klop met 'n puik produksie.

Africa InTouch News het gister beeldmateriaal gemaak vir die ouers en vriende wat nie die konsert kon bywoon nie. Ongelukkig moes die kamera skuins gedraai word aangesien ons nie die senior burgers wou pla waar hulle in die voorste gestoeltes van die gehoor stelling ingeneem het nie.
Professionele DVD's van die konsert sal binnekort by die skool te koop wees.

Vir die volledige snitlys (playlist) kliek HIER.
Hier onder is bloot 'n voorsmakie van die verrigtinge.

Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More