Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Rekord matriek-slaagsyfer plaas fokus op rol van gemeenskappe

Rekord matriek-slaagsyfer plaas fokus op rol van gemeenskappe

Solidariteit sê dat die 2025-matrieks se prestasies minder te danke is aan staatsondersteuning en meer aan die rol van betrokke gemeenskappe.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

🔴 Lees ook:

If R450m in ministerial travel spending is accurate, it deserves closer scrutiny
If voting, protesting, questioning and reporting have all started to feel insufficient, what exactly is left? Are we meant to simply absorb this as part of how the country functions, or is there still a line, financial, moral or practical, that once crossed finally forces change?

Die vrystelling van die 2025-matriekuitslae het weereens ’n nasionale gesprek oor die stand van onderwys in Suid-Afrika aangevuur. Met ’n rekord-slaagsyfer van 88% lyk die prentjie op papier positief, maar verskeie rolspelers waarsku dat hierdie syfer nie sonder verdere konteks gelees behoort te word nie.

In ’n verklaring het Solidariteit gesê dat die 2025-matrieks se prestasie minder te danke is aan staatsondersteuning en meer aan die rol van betrokke gemeenskappe, toegewyde onderwysers en ouers wat aktief verantwoordelikheid neem vir leerders se opvoeding.

Onder volg die persverklaring soos uitgereik deur Solidariteit.


Matrieks se prestasie danksy betrokke gemeenskappe, nie ondersteuning van staat 

Die Solidariteit Onderwysernetwerk wens die matriekklas van 2025 geluk met hul prestasie in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die nasionale slaagsyfer van 88% – ’n nuwe rekord en ’n styging van 0,7% – is ’n merkwaardige prestasie en getuig van deursettingsvermoë, dissipline en uitnemendheid te midde van volgehoue uitdagings binne die onderwysstelsel.

“Ons weet dat hierdie sukses die resultaat is van harde werk deur matrikulante, onderwysers en ouers. Dit bevestig weereens die werklikheid dat dit ’n hele gemeenskap vat om kinders vir die lewe en die toekoms toe te rus,” sê Johan Botha, hoof van Solidariteit se onderwysernetwerk.

Volgens Solidariteit is hierdie prestasie egter nie hoofsaaklik die gevolg van ’n goed funksionerende staatsondersteunde onderwysstelsel nie, maar eerder van gemeenskappe wat doelbewus ondersteun, belê en verantwoordelikheid neem vir hul kinders se toekoms—veral deur uitmuntende skole wat kwaliteit onderrig, moedertaalonderrig, dissipline en persoonlike aandag prioritiseer.

“Dit is belangrik om bewus te bly van die werklikhede binne die huidige basiese onderwysstelsel en die toenemende uitdagings waarmee skole en leerders daagliks gekonfronteer word,” sê Johnell Prinsloo, onderwysnavorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

“Die nasionale deurvloei van graad 1 tot matriek bly kommerwekkend laag. Raming dui daarop dat slegs sowat 63% van die matriekklas van 2025—wat in 2013 in graad 1 begin het—die matriekeksamen bereik het, gebaseer op die ongeveer 766 543 voltydse kandidate wat in 2025 vir die eksamen ingeskryf het,” sê sy.

Volgens Prinsloo beklemtoon hierdie werklikheid dat die staat se onderwysstelsel steeds nie daarin slaag om ’n oorgrote meerderheid kinders volhoubaar deur die stelsel te dra en vir sukses toe te rus nie. Ware vooruitgang sal eers bereik word wanneer meer leerders nie net inskryf nie, maar slaag en met betekenisvolle kwalifikasies uitstap—nie deur statistieke wat die uitval verbloem of standaarde verlaag nie.

“Solidariteit wens die klas van 2025 alle sterkte toe met hul pad vorentoe, hetsy verdere studie, toetrede tot die arbeidsmark of entrepreneurskap. Die Solidariteit Onderwysernetwerk bly verbind tot die ondersteuning van onderwysers, die loopbaanontwikkeling van leerders, skole en selfstandige gemeenskappe wat jongmense help om hul volle potensiaal te bereik,” sluit Botha af.

Johnell Prinsloo / Woordvoerder: Solidariteit Beweging

🔴 Lees ook:

Wolwekrans: ’n Wegbreek vir mense wat regtig wil afskakel
Wanneer die daaglikse uitdagings te swaar begin raak en jy net êrens wil wees waar niemand iets van jou verwag nie, is Wolwekrans Eco Lodge ’n bergwegbreek wat jou kans gee om werklik af te skakel.
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More