Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Vroue span hekelpenne in om seniors warm te hou die winter

Die kombersies is Vrydag aan die senior burgers oorhandig tydens ‘n vroeë Moedersdag middagete.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Vroue span hekelpenne in om seniors warm te hou die winter
Van die vroue wat kombersies gehekel het is Kitty Lambrecht, Ann Kruger, Yvette Winson, Irene Huygen, Mary-Ann Botha, Johnet Smit, Susan van der Merwe, Willa Botha en Annette van Rensburg.

BARBERTON - Meer as 20 plaaslike vroue het die laaste paar maande hul vleitige vingers ingespan om kniekombersies te hekel vir die bejaardes by Bob’s Sentrum. Hierdie kombersies is Vrydag aan die senior burgers oorhandig tydens ‘n vroeë Moedersdag middagete. Om die uitdeel regverdig te laat geskied het die tantes en ooms elk ‘n nommer getrek en hul kombersies is hiervolgens toegeken.

Alhoewel almal wat gehelp het nie die geleentheid kon bywoon nie, het die inisieerder van die projek, Irene Huygen, ieder en elk bedank vir hul onbaatsugtigheid. “Ek wil die winkel Help-my-Krap in besonder bedank vir hul borgskap. Die oorhandiging van die kombersies het op die regte tyd plaasgevind aangesien die winter-luggie maar koel word hier na die laatmiddag se kant toe,” het sy gesê.

Baie dankie aan die volgende vroue wat elk 'n hekelpen opgeneem het om die winter 'n bejaarde se knieë warm te hou:
Ann Kruger; Annette Botha Janeke; Annette van Rensburg; Charlotte van Jaarsveld; Corna Labuschagne; Hester du Toit; Ibonette du Toit; Ina Vorster; Irene Huygen; Johnet Smit; Judy Stoop; Karin Rex; Kitty Lambrecht; Loura Barnard; Marianna Grobler; Mary-Ann Botha; Melinda Holloway; Sandra Lloyd; Susan van der Merwe; Willa Botha en Yvette Winson.

Anchen Coetzee / Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More