Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Vullisterreinouditprojek: Ermelo toon agteruitgang

“Die toestand van die vullisterrein het baie verswak en hou ’n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in.”

Admin profile image
by Admin
Vullisterreinouditprojek: Ermelo toon agteruitgang
Penny Coetzer en Johann Weber saam met beeste op die terrein.

Die AfriForum-tak in Ermelo het onlangs ’n vullisterreinoudit by die plaaslike vullisterrein gedoen. Die oudituitslag toon dat dié terrein aan slegs 52% van die minimum vereistes voldoen, maar dat dit reeds ’n groot agteruitgang is op die 82%-prestasie wat die terrein in 2015 behaal het.

Dié oudit vorm deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek wat vullisterreine aan die hand van minimum vereistes evalueer soos in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (art. 59 van 2008) uiteengesit. AfriForum het hierdie vereistes in 25 vrae verwerk en gebruik dan dié vrae om die vullisterreinoudit te doen.

“Die toestand van die vullisterrein het baie verswak en hou ’n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in,” sê Penny Coetzer, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Ermelo-tak.

“Die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit beskik ook oor die nodige bywet, beleid en lisensie, maar het geen afvalbestuursplan nie,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Ondersteun AfriForum se vullisterreinouditprojek: Teken die aanlyn petisie op AfriForum se webtuiste of SMS “Ermelo” na 45350 (R1).

Johann Weber
Streekskoördineerder: Mpumalanga-Oos

Penny Coetzer
Voorsitter: Omgewingsake /Ermelo-tak

Annelise de Vries
AfriForum Mediaskakelbeampte

Admin profile image
by Admin

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More