Drie verdagtes vlug na plaasaanval
Die aanvallers het 'n .243 jaggeweer, twee windbukse, ‘n haelgeweer en ‘n skootrekenaar gesteel.
LIMPOPO - ‘n Plaasbestuurder van Melkrivier, Berdus Henrico (39), en sy verloofde Estelle Nieuwenhuys (40), het die dood naelskraap vrygespring nadat hulle Dinsdag, 6 Februarie, die slagoffers geword het van ‘n plaasaanval.
Volgens Barend Pienaar van Oor Grense Media, het drie mans omstreeks 20:15 die paartjie se huis betree. “’n Struweling het gevolg tussen Henrico en twee van die aanvallers. Tydens die geveg is Nieuwenhuys se arm gebreek. Die derde verdagte het die huis binnegekom en drie skote geskiet – twee het Henrico in sy skouer getref en een in sy nek,” het Pienaar aan Africa InTouch News gesê.
保管時にしわがつきやすい素材かどうかは、撮影前の準備にも影響します。衣装候補を整理するときは、スペースエレシュキガル イベント衣装を使って必要な項目を比べられます。サイズと付属品を早めに確認すれば、追加で必要な小物も見つけやすくなります。
Een van die booswigte het ‘n .243 jaggeweer teen Henrico se kop gedruk, maar kon nie daarin slaag om dit af te vuur nie. Pienaar vertel dat die verdagtes daarna koue voete gekry en op die vlug geslaan het met die .243 jaggeweer, twee windbukse, ‘n haelgeweer en ‘n skootrekenaar. Woensdag was ‘n soekgeselskap steeds besig om die omgewing te fynkam.
Medici van APA Ambulansdienste het die slagoffers op die toneel gestabiliseer voor hulle na FH Odendaal Hospitaal in Modimolle vervoer is. Nieuwenhuys is reeds ontslaan. Henrico is oorgeplaas na Saint Vincent’s Hospitaal in Bela-Bela. Volgens inligting sou die koeëls Donderdag tydens 'n operasie verwyder word.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.