Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Foutiewe wapen gee plaasaanval-slagoffer geleentheid om terug te baklei

Hy kon hoor hoe die sneller getrek word, maar die skoot het nie afgegaan nie.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Foutiewe wapen gee plaasaanval-slagoffer geleentheid om terug te baklei

Sien uitsending van hierdie storie, asook ander Laeveld nuus, op SuburbNews NINE ZERO.

Africa InTouch News het toestemming verkry om die ongeredigeerde beeldmateriaal hieronder te vertoon.


James Munro & Albert de Beer.


Dorothy Venebles.

BARBERTON - Drie mense het die dood naelskraap vrygespring tydens 'n plaasaanval wat in die vroeë oggendure van Sondag plaasgevind het.

James Munro, eienaar van 'n plaas wat op die R40 in Barberton geleë is, het wakker geword toe iemand hom teen sy skouer stamp. Sy eerste gewaarwording was van 'n persoon met 'n vuurwapen wat langs sy bed staan. Die vuurwapen was op hom gerig en hy kon hoor hoe die sneller getrek word, maar die skoot het nie afgegaan nie.

James Munro.

Volgens Munro het alles binne 'n oogwink gebeur. “Ek het gedink dis 'n foutiewe patroon of 'n firing pin – dit gaan deur jou kop soos blits en ek het besef ek is in die moeilikheid.” Munro het terugbaklei en 'n bloedige struweling het gevolg waartydens die booswigte telkemale sonder sukses probeer het om hom te skiet.

Albert de Beer.

Dorothy Venebles.

Teen die tyd wat Munro wakker geword het, was 'n vriend, Albert de Beer, wat die naweek daar deurgebring het, reeds buite aksie op die sitkamerbank. So ook Munro se goeie vriendin en werknemer, Dorothy Venebles, wat ook sy huismaat is.
Munro, De Beer en Venebles het Sondagoggend met Africa InTouch News oor die voorval gesels.
Sien beeldmateriaal bo aan storie of kliek HIER.

キャラクター衣装は見た目の再現度に加えて、着脱のしやすさも準備のしやすさを左右します。イベント用の準備を整えるなら、Fate Grand Order スペースエレシュキガル コスプレを確認して不足しそうな要素を把握できます。着脱の流れを決めておけば、イベント当日の時間配分も立てやすくなります。

Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch
Subredakteur: Lynette Brink / Letter Linguist

Una comparación útil de camisetas de fútbol para regalos de aficionados comienza por la construcción del escudo y otros acabados. Para evitar errores, merece la pena revisar qué versión aparece exactamente en las fotografías.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More