Hang die grootste skuld dalk aan jou lyf? Jy kan nie lap eet nie, suster.
Sosiale media veràl vertel vrouens elke dag dat hul eiewaarde gekoppel is aan 'n prys. Dit is een van die grootste leuens ooit en dis tyd dat dit stop. Mooi lyk is lekker. Armgat wees is nie.

Dis 'n eerlike vraag en 'n feitlike observasie. Eva kon dalk nog wegkom met haar vyeblaar op 'n honger dag, maar haar een belustige happie het almal tot hier gebring. Hier waar verál sosiale media ons elke dag vertel dat mense se eiewaarde gekoppel is aan 'n prys. Dit is een van die grootste leuens ooit en dis tyd dat dit stop. Mooi lyk is lekker. Armgat wees is nie.
Hoekom sal jy R700 vir één kledingstuk betaal as jy vyf mooi-goed vir minder as R200 kan kry? En selfs al het jy die geld, behoort jy beter te doen vir die groter prentjie, want die planeet Aarde versuip onder oorskot uit talle oorde. Oorskot waarvan klere een van die grootste sondebokke is.
Elke maand stap duisende Suid-Afrikaanse vroue by winkels uit met een sakkie klere waarvoor hulle met hard verdiende geld skandalig baie betaal het. Intussen wag die kredietkaartrekening, die huispaaiement of die huur, die kinders se skooluitgawes, die petrolnaald wat net neffens die rooi bly, en daar is nog nie eens gedink aan kos op die tafel kry nie.
Dis nie omdat vroue roekeloos is nie, maar omdat hulle van kleins af geleer is dat nuwe klere 'n statussimbool is. Status vir wie en vir wat, en hoe lank hou daardie gevoel? Die antwoord is eenvoudig: die eerste drie keer wat jy dit aantrek. Boonop sit jy nog met die skuldgevoel in die agterkop, want heel waarskynlik gaan jy daardie kledingstuk slegs twintig keer dra, as jy gelukkig is. Daarna hang dit in die kas terwyl jy steeds probeer om die finansiële agterstand in te haal.
Die deursnee-vrou in Suid-Afrika kan nie meer in vandag se tyd 'n eenvoudige rok van R850, 'n baadjie van R1 200 of 'n T-hemp van R550 bekostig nie. Tog hou mense aan koop, want elke vrou hou daarvan om goed te voel... en dit word op elke moontlike platform uitgebuit.

Dis presies hoekom KasKamer bestaan. Hulle gee vooraf-geliefde of, soos hulle dit noem, uitgekaste klere 'n tweede kans. Hulle het dit maklik gemaak. Almal het WhatsApp. Hulle plaas weekliks items, meestal in katalogusse wat direk op die groep gelaai word. Dis nie 'n chat-groepie nie. Jy volg die skakel, die admin laat jou in die groep in, en as jy iets sien waarvan jy hou, stuur jy 'n boodskap. Jy betaal vir jou pakkie en die koerierkoste, en KasKamer stuur dit. In die onwaarskynlike geval dat jy nie van die klere hou nie, kan dit teruggestuur word, maar die pryse is so laag dat jy dit eerder vir die buur-antie sal wil skenk, want dis altyd lekker om weg te gee, veral as dit jou nie laat krepeer van ellende nie.
KasKamer is reeds besig om aan 'n behoorlike webwerf te bou, maar alles moet iewers begin. Vir nou begin KasKamer op WhatsApp.
Hulle is hierdie week druk besig om bondels van drie tot vyf items op te maak, so word nou reeds deel van die groep sodat jy nie uitmis nie. Die eerste lot sal tussen Donderdag en Saterdag gelaai word, maar wie weet... hulle mag dalk net vroeër klaar kry en hul minds change, want hulle kan.
By KasKamer gaan dit nie oor brand names of modegiere nie. By hulle gaan dit oor logika. Goeie klere teen pryse wat sin maak.
KasKamer. Slim koop begin hier.






