Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Solidariteit kap Ramaphosa oor moontlike verlies van Agoa-handelsvoordele
iOlogue Media InHouse.

Solidariteit kap Ramaphosa oor moontlike verlies van Agoa-handelsvoordele

“Ego’s moet opsy geskuif word, en die president moet bereid wees om na oplossings te luister.”

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Solidariteit het vandag in ’n persverklaring president Cyril Ramaphosa se hantering van Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die Verenigde State skerp gekritiseer. Die vakbond meen die regering het kosbare tyd verloor en dat die moontlike verlies van Agoa-handelsvoordele sowat 250 000 plaaslike werkgeleenthede in gevaar kan stel. Solidariteit sê hy het reeds voorstelle om die situasie te probeer beredder, maar dat sy pogings om met die regering saam te werk tot dusver op dowe ore geval het.

Onder volg die persverklaring, verbatim, soos uitgereik deur Solidariteit:


Erkenning red nie werk nie – Ramaphosa moet ʼn Agoa-reddingsplan voorlê

20 Oktober 2026

Solidariteit doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om leierskap te toon en dringend ʼn konkrete plan met duidelike sperdatums voor te lê om Suid-Afrika se deelname aan Agoa te probeer behou.

Ramaphosa se skielike erkenning dat Suid-Afrika uit dié handelsprogram gesluit kan word, kom te laat en bied geen gerusstelling aan werkers wie se inkomste daardeur bedreig word nie.

Volgens Solidariteit het die organisasie reeds ʼn konkrete plan wat hy lankal met die regering wil deel tot voordeel van Suid-Afrika se mense en werkers. Dié aanbod word egter verwerp, terwyl Solidariteit se pogings om werk en handelsvoordele te beskerm as inmenging afgemaak word en radikale groepe dit selfs as hoogverraad bestempel.

Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, sê Ramaphosa en sy span se spyt kom heel moontlik nou te laat.

“Werkers het meer as ʼn waarskuwing van die president nodig. Hulle het optrede nodig wat hul werk beskerm.

“Die president moet sy werk doen en verduidelik watter dringende diplomatieke en beleidsoptrede gaan volg, wie daarvoor verantwoordelik is en teen wanneer dit uitgevoer moet word,” sê hy.

Solidariteit waarsku reeds jare lank dat Suid-Afrika se verslegtende verhouding met die VSA die land se handelsvoordele en werkgeleenthede in gevaar stel. Die organisasie het ook die Withuis genader met ʼn pleidooi dat Suid-Afrika se deelname aan Agoa behoue moet bly.

“Ons het reeds ʼn konkrete plan en wil dit met die regering deel. Ons wil saamwerk om Suid-Afrikaners se werk en inkomste te beskerm.

“Tog word ons toenadering verwerp en word ons ook deur oningeligte kommentators van inmenging beskuldig. En hier kom die president en erken nou self die gevaar waarteen ons waarsku.

“Dit is nou duidelik: Ego’s moet opsy geskuif word, en die president moet bereid wees om na oplossings te luister,” sê Kleynhans.

Volgens Solidariteit ondersteun Suid-Afrika se uitvoere na die VSA meer as ʼn halfmiljoen plaaslike werkgeleenthede. Ongeveer die helfte daarvan is in sektore wat by Agoa se gunstige handelsvoorwaardes baat. Uitsluiting kan ondernemings se mededingendheid verswak en uitvoerbestellings, inkomste en werksekerheid bedreig.

Die nagenoeg 250 000 werkgeleenthede wat op die spel is, is rofweg gelykstaande aan die totale getal werknemers van Suid-Afrika se vyf grootste mynmaatskappye.

Kleynhans sê Ramaphosa behoort te besef dat betrekkinge met die VSA nie bloot ʼn politieke spel is nie.

“Hoe sou Suid-Afrika reageer as al vyf die grootste myngroepe tegelyk sluit? Hierdie is nie net ʼn politieke speletjie nie.

“Agter hierdie syfers is gesinne wat huispaaiemente, skoolgeld en kos moet betaal. Die gevolge kan deur hele gemeenskappe spoel. Vir die president om ʼn traak-my-nie-agtige houding in te neem en vir hierdie mense te vra om op die ergste voor te berei is nie genoeg nie.

“Dit is Ramaphosa en Lamola se werk om in die beste belang van die land op te tree. Om die VSA te vervreem is nie in die beste belang van die land nie,” sê Kleynhans.

Kleynhans voer verder aan dat geen land ʼn florerende uitvoerekonomie kan handhaaf sonder goeie betrekkinge met die VSA nie.

“Amerika verteenwoordig meer as ʼn kwart van die wêreld se verbruikersekonomie. Selfs China is geheel en al afhanklik van goeie handelsbetrekkinge met die VSA.

“Polities kan jy van die VSA verskil, maar as hierdie verskille handel bedreig, is dit tyd om te herbesin.”

Solidariteit doen ʼn beroep op Ramaphosa om dringend met die organisasie in gesprek te tree, die beskikbare voorstelle te oorweeg en ʼn gekoördineerde poging te lei om die diplomatieke geskil met die VSA by te lê.


Hospital theft raises questions for southern Free State patients
For patients, the thefts have affected both basic dignity and the infrastructure supporting treatment.
Oktober is pienk
Die pienk linte herinner ons aan borskanker, aan die vroue wat daarteen veg, aan dié wat die stryd oorleef het en aan die families wat geliefdes verloor het.
Why bonuses can mean a bigger PAYE deduction
Seeing a large tax deduction next to your bonus can be an unpleasant surprise. The gross bonus and the amount that reaches your account can differ quite a lot once PAYE is calculated.
Five scenic road trips worth taking
From Chapman’s Peak’s ocean-hugging curves to the mountain heights of Sani Pass, South Africa’s roads offer more than a way to reach your destination. Discover five memorable routes for your next driving holiday.

Dekades se oorspronklike Afrikaanse digkuns kry nuwe lewe deur musiek. Welkom in my binnekamer. 🎶

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More