Laerskool Barberton kuier by die museum
Die gala aand van 'Night at the museum' vind môre plaas.
BARBERTON - Laerskool Barberton Primary het hierdie week hul jaarlikse konsert op die planke gebring. Dit was 'n behoorlike miernes van bedrywigheid en onderwysers en leerders het almal deelgeneem aan die opvoering. Die gala aand van 'Night at the museum' vind môre plaas. Almal wat deel gehad het om van hierdie week 'n sukses te maak kan hulself gerus op die skouer klop met 'n puik produksie.
Africa InTouch News het gister beeldmateriaal gemaak vir die ouers en vriende wat nie die konsert kon bywoon nie. Ongelukkig moes die kamera skuins gedraai word aangesien ons nie die senior burgers wou pla waar hulle in die voorste gestoeltes van die gehoor stelling ingeneem het nie.
Professionele DVD's van die konsert sal binnekort by die skool te koop wees.
Vir die volledige snitlys (playlist) kliek HIER.
Hier onder is bloot 'n voorsmakie van die verrigtinge.
作品カテゴリを横断して見ると、制服系、ファンタジー系、日常服系など準備の優先点が見えてきます。撮影やイベントの予定に合わせて、原神 女性キャラクター コスプレを確認しながら候補を選べます。作品ごとの特徴を理解しておくと、キャラクターらしさを表現しやすくなります。
Para valorar camisetas de fútbol versión jugador con criterios claros, es recomendable revisar el peso del tejido, la ventilación y la elasticidad. El pedido puede cerrarse después de confirmar la guía de tallas específica para cada tipo de corte.
Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch