Steun van naby en ver gee HS RSE hupstoot op gholfdag
Die sukses van die dag het egter nie net in die logistiek gelê nie, maar in die harte van die mense agter dit alles.
Amerikaanse arbeidsleier en burgerregte-aktivis, César Chávez, wat in 1962 die 𝑁𝑎𝑡𝑖𝑜𝑛𝑎𝑙 𝐹𝑎𝑟𝑚 𝑊𝑜𝑟𝑘𝑒𝑟𝑠 𝐴𝑠𝑠𝑜𝑐𝑖𝑎𝑡𝑖𝑜𝑛 gestig het, het gesê: “𝑊𝑒 𝑐𝑎𝑛𝑛𝑜𝑡 𝑠𝑒𝑒𝑘 𝑎𝑐ℎ𝑖𝑒𝑣𝑒𝑚𝑒𝑛𝑡 𝑓𝑜𝑟 𝑜𝑢𝑟𝑠𝑒𝑙𝑣𝑒𝑠 𝑎𝑛𝑑 𝑓𝑜𝑟𝑔𝑒𝑡 𝑎𝑏𝑜𝑢𝑡 𝑝𝑟𝑜𝑔𝑟𝑒𝑠𝑠 𝑎𝑛𝑑 𝑝𝑟𝑜𝑠𝑝𝑒𝑟𝑖𝑡𝑦 𝑓𝑜𝑟 𝑜𝑢𝑟 𝑐𝑜𝑚𝑚𝑢𝑛𝑖𝑡𝑦. 𝑂𝑢𝑟 𝑎𝑚𝑏𝑖𝑡𝑖𝑜𝑛𝑠 𝑚𝑢𝑠𝑡 𝑏𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑎𝑑 𝑒𝑛𝑜𝑢𝑔ℎ 𝑡𝑜 𝑖𝑛𝑐𝑙𝑢𝑑𝑒 𝑡ℎ𝑒 𝑎𝑠𝑝𝑖𝑟𝑎𝑡𝑖𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑜𝑓 𝑜𝑡ℎ𝑒𝑟𝑠, 𝑓𝑜𝑟 𝑡ℎ𝑒𝑖𝑟 𝑠𝑎𝑘𝑒𝑠 𝑎𝑛𝑑 𝑓𝑜𝑟 𝑜𝑢𝑟 𝑜𝑤𝑛.”
In plattelandse dorpe regoor Suid-Afrika staar openbare skole dikwels uitdagings in die gesig wat veel verder strek as bloot die klaskamer. Sonder die voordeel van betroubare skoolfonds, of grootskaalse befondsing, moet hulle staatmaak op die ondersteuning van hul gemeenskappe. Dit gaan gepaard met inisiatiewe soos fondsinsamelingsdae. ‘n Finansiële hupstoot soos dié is dikwels wat nodig is om die deure van menige skool oop te hou.
Een só ‘n dag was vandag se gholfdag ten bate van Hoërskool Riviersonderend, aangebied op die Riviersonderend Gholfbaan. Hierdie skool, wat in 1926 reeds sy deure oopgemaak het vir leerders van die dorp, is al die jare ’n belangrike hoeksteen van dié gemeenskap in die hartjie van die Overberg. Met toegewyde personeel, wat leerders help om ’n sterk gevoel van trots vir hul dorp te kweek, vorm die skool ’n pilaar waarom menig Riviersonderend-kind se identiteit gebou word.

Die gholfdag het vroeg afgeskop met die eerste afslaan kort na 07:00. Alhoewel die weerprofete reën voorspel het vanaf Saterdagnag kon die gees nie gedemp word nie en ’n welkome gesig was die son wat plek-plek kop uitgesteek het. Boonop was die hele streek betrokke, nie net inwoners van Riviersonderend nie, met spelers wat vanuit omliggende dorpe opgedaag het om aan die verrigtinge deel te neem. By die klubhuis was damespersoneel van Hoërskool Riviersonderend besig met inskrywings en buite was vroeg reeds vuur gemaak.
Die sukses van die dag het egter nie net in die logistiek gelê nie, maar in die harte van die mense agter dit alles. ’n Groot aantal besighede, plaaslik én elders, het as borge opgetree - sommige vir die eerste keer, ander as getroue ondersteuners van ouds. In kleiner gemeenskappe, waar hulpbronne skaarser, maar verhoudings sterker is, word hierdie vrygewigheid dikwels nie uitgelig in hoofstroommedia nie. Juis daarom fokus hierdie joernalis vandag op die gemeenskap se betrokkenheid, want dit is meer werd as enige wenners of punte wat aangeteken kan word. Elke oop hand in al die kleiner dorpe van regoor Suid-Afrika is van onskatbare waarde, ongeag of dit tyd, hulpbronne of finansiële bydraes is.
Skoolhoof Danie Maloy het sy opregte dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het tot die dag. “Dankie aan al die spelers, vrywilligers, personeel, en veral die borge sonder wie hierdie tipe dae nie moontlik sou wees nie,” het hy gesê. “’n Spesiale dankie ook aan die Riviersonderend Gholfbaan, die klubhuispersoneel en al die lede wat hul fasiliteite, tyd en ondersteuning so ruimhartig beskikbaar gestel het.”
𝐁𝐞𝐬𝐢𝐠𝐡𝐞𝐢𝐝𝐬- 𝐞𝐧 𝐠𝐫𝐨𝐞𝐩𝐬𝐛𝐨𝐫𝐠𝐞:
• 2001 Hoërskool Riviersonderend matrikulante;
• AVBOB;
• Nedbank;
• Cleansafe;
• Kleinberg Hardeware;
• Stipp Apteek RSE;
• HOPE Funerals;
• TyreMart;
• Fudge Shop;
• Harry Barber Shop;
• Elim Slaghuis (Bredasdorp);
• SPAR (Caledon);
• MIDAS (Caledon);
• Caledon Casino;
• PRO Shop (Strand).
𝐈𝐧𝐝𝐢𝐯𝐢𝐝𝐮𝐞𝐥𝐞 𝐛𝐨𝐫𝐠𝐞:
• Mnr C. Coert;
• Mnr N. Ontong;
• Mnr Mahindra;
• Me Wilna.
Lᴇᴛ ᴡᴇʟ: Tᴇɴ ᴛʏᴅᴇ ᴠᴀɴ ᴘᴜʙʟɪᴋᴀsɪᴇ ᴡᴀs ᴅɪᴇ ᴡᴇɴɴᴇʀs ᴠᴀɴ ᴅɪᴇ ᴅᴀɢ ɴᴏɢ ɴɪᴇ ᴀᴀɴɢᴇᴋᴏɴᴅɪɢ ɴɪᴇ, ᴀᴀɴɢᴇsɪᴇɴ ᴅɪᴇ sᴘᴇʟ sᴛᴇᴇᴅs ᴀᴀɴ ᴅɪᴇ ɢᴀɴɢ ᴡᴀs. Dɪᴇ ᴜɪᴛsʟᴀᴇ sᴀʟ ᴏᴘ Hᴏᴇ̈ʀsᴋᴏᴏʟ Rɪᴠɪᴇʀsᴏɴᴅᴇʀᴇɴᴅ sᴇ ʙʟᴀᴅ ɢᴇᴠɪɴᴅ ᴋᴀɴ ᴡᴏʀᴅ.

