Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Moontlike werkverliese by Venetia onder die loep
Stock image.

Moontlike werkverliese by Venetia onder die loep

“Dit is tendense wat oor maande en selfs jare ontwikkel het. Daarom is dit kommerwekkend wanneer werkgewers hul werknemers en gemeenskappe op betreklik kort kennisgewing met sulke ingrypende aankondigings konfronteer.”

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
248m² Vacant Land For Sale in Kaapsche Hoop | Kellaprince Properties Nelspruit
BeautifulViews

Solidariteit het sy kommer uitgespreek oor die moontlike verlies van meer as 1 100 poste by De Beers se Venetia-diamantmyn naby Musina nadat 'n voorgestelde tydelike staking van produksie aangekondig is. Die vakbond meen die besluit kan nie net werknemers raak nie, maar ook 'n beduidende ekonomiese impak op die Musina-omgewing hê.

Volgens Solidariteit beklemtoon die situasie die druk waaronder die diamantbedryf tans verkeer, asook die behoefte aan vroeër konsultasie tussen werkgewers, vakbonde en die regering wanneer grootskaalse werkverliese dreig.

Onder volg die persverklaring, verbatim, soos uitgereik deur Solidariteit.


De Beers en ander moet proaktief ingryp om mynbou-werkverliese te voorkom

15 Julie

Solidariteit is diep bekommerd oor die voorgestelde tydelike staking van produksie by De Beers se Venetia-myn naby Musina en die moontlike verlies van meer as 1 100 poste by die myn as deel van ʼn breër proses wat selfs meer werknemers kan raak.

Volgens Willie Venter, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris, is Venetia een van die grootste werkgewers in die Musina-omgewing en sal selfs ʼn beplande tydelike sluiting ʼn beduidende ekonomiese impak op die plaaslike gemeenskap hê.

“Musina het beperkte alternatiewe werksgeleenthede beskikbaar. Buiten landbou- en logistieke bedrywighede wat met oorgrensvervoer verband hou, is daar min ander werk vir werkers met mynbouvaardighede. 

“Wanneer meer as ʼn duisend mense skielik hul inkomste verloor, raak dit nie net die werknemers nie, maar ook honderde ondernemings en gesinne wat van daardie ekonomiese aktiwiteit afhanklik is,” sê Venter.

Solidariteit wys daarop dat Venetia nie ʼn alleenstaande geval is nie. Vroeër vanjaar het Petra Diamonds sakeredding by die Finch-myn en afleggings by die Cullinan-myn aangekondig. 

Die diamantbedryf verkeer reeds ʼn geruime tyd lank onder druk weens ʼn afname in die wêreldvraag na natuurlike diamante, ekonomiese onsekerheid en die toenemende beskikbaarheid van goedkoper sintetiese diamante.
Venter sê hierdie uitdagings het egter nie oornag ontstaan nie.

“Dit is tendense wat oor maande en selfs jare ontwikkel het. Daarom is dit kommerwekkend wanneer werkgewers hul werknemers en gemeenskappe op betreklik kort kennisgewing met sulke ingrypende aankondigings konfronteer,” sê hy.

Volgens hom het Suid-Afrika dringend ʼn meer proaktiewe proses nodig om grootskaalse werkverliese in die mynbedryf aan te spreek.

“Wanneer dit duidelik raak dat ʼn myn of ʼn ander groot werkgewer ernstige ekonomiese druk ervaar, behoort daar ʼn verwagting te wees dat vroeë konsultasie met vakbonde, die regering en ander belanghebbendes sal plaasvind. 
“Teen die tyd dat ʼn artikel 189-proses begin, is die ruimte om kreatiewe alternatiewe te ondersoek dikwels reeds baie beperk,” verduidelik Venter.

Vroeër gesprekke kan volgens hom geleenthede skep om alternatiewe soos heropleiding, herontplooiing of tydelike indiensneming van geaffekteerde werknemers te ondersoek voordat grootskaalse werkverliese onafwendbaar word.

“By Venetia gaan ontwikkeling en ander infrastruktuurwerk voort, al is produksie tydelik gestaak. Indien daar vroeër beplan is, kon daar moontlik gekyk word of werknemers opgelei en tydelik in diens geneem kon word om daardie werk uit te voer. 

“Sulke moontlikhede word baie moeiliker om te ondersoek sodra die formele afleggingsproses begin het,” sê Venter.

Volgens hom sal deursigtige konsultasie geleenthede skep vir alternatiewe wat die impak op werknemers en gemeenskappe beperk.

Venter sê die mynbedryf bly een van die belangrikste werkverskaffers in Suid-Afrika en dat die land nie herhaalde grootskaalse werkverliese wat onverwags op gemeenskappe afgedwing word, kan bekostig nie.

“Ons doen ʼn beroep op die regering, werkgewers en georganiseerde arbeid om saam te werk om ʼn raamwerk te ontwikkel wat vroeë waarskuwing, vroeë konsultasie en groter samewerking moontlik maak wanneer grootskaalse werkverliese verwag word. 

“Dit sal werknemers, maatskappye en gemeenskappe ʼn veel beter kans gee om oplossings te vind voordat ʼn krisis ontstaan.”


Die prys wat min entrepreneurs wys
Indien jy deel is van ’n kleiner gemeenskap, soos Barberton, ondersteun plaaslik waar jy kan. Agter elke klein onderneming is daar iemand wat waag, opoffer en hard werk om jóú gemeenskap te help bou.
Can an AI system reject your CV before a person ever sees it?
A quick rejection email does not show whether a recruiter read your CV. The application may have met a fixed rule, gone through automated screening, or reached a person first.
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More