Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Solidariteit vra vir 'n moratorium op Telkom afleggings

Telkom se werksmag het reeds in die vorige finansiële jaar met 2 176 gekrimp.

Admin profile image
by Admin
Solidariteit vra vir 'n moratorium op Telkom afleggings
Photo: Justin Leniger @jtleniger

Solidariteit het vandag ʼn skrywe aan Telkom gerig waarin versoek word dat ʼn moratorium op gedwonge afleggings geplaas word. Dit volg nadat die maatskappy vakbonde in kennis gestel het dat tot 3 000 werkers afgelê kan word.
Afleggings word genoodsaak wanneer die volhoubaarheid van ʼn maatskappy in gedrang is, maar hierdie afleggingsronde bedreig juis die finansiële volhoubaarheid van die maatskappy.

“ʼn Maatskappy kan nie meer as R100 miljoen aan sy uitvoerende span betaal en dan van 3 000 van sy werksmag ontslae raak nie. Dit is roekeloos en, gedagtig aan die arbeidsmark wat afgelegde werkers in die gesig staar, genadeloos. Telkom se uitvoerende hoof, Sipho Maseko, alleen het in die vorige finansiële jaar ʼn volle R23 miljoen huis toe geneem,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit vra dat ʼn aggressiewe heropleidingsprogram tydens die moratorium by Telkom geïmplementeer word sodat werkers met nuwe vaardighede toegerus word om te help dat Telkom in die vinnig veranderde inligtingsomgewing verder kan groei. Telkom-werkers moet saam met die maatskappy van vastelyn- na mobiele dienste beweeg.

Hermann voer aan dat die feit dat Telkom nou tot 3 000 mense wil aflê, ʼn bevestiging is dat die maatskappy klaaglik misluk het in die heropleiding van sy mense sodat Telkom nog vinniger in sy groeiareas soos mobiele dienste kan ontwikkel.

“Indien ʼn maatskappy nie daarin kan slaag om sy werksmag vir nuwe uitdagings op te lei nie, moet daar nie van die werkers ontslae geraak word nie, maar van die topbestuur,” sê Hermann.

Telkom se werksmag het reeds in die vorige finansiële jaar met 2 176 of 12,5% gekrimp. Dit was nie weens gedwonge afleggings nie, maar grootliks weens vrywillige skeidingspakkette. Hermann sê grootskaalse personeelvermindering by ’n maatskappy kan maklik tot swak dienslewering lei. “’n Verdere 3 000 poste wat gesny word, is te veel. Indien die personeel wel nog verminder moet word, kan dit deur vrywillige prosesse en natuurlike personeelomset gedoen word,” voeg Hermann by.

Die inligtingstegnologie-omgewing is hoogs mededingend en goeie vaardighede is skaars. Die onsekerheid wat Telkom nou skep, gaan bloot tot gevolg hê dat die beste werkers eerste gaan loop. Dit kan die maatskappy in ’n afwaartse spiraal plaas.

“Telkom moet eerder ’n boodskap uitstuur dat ’n pad saam met lojale werknemers gestap word. ’n Moratorium op gedwonge afleggings sal die sekerheid gee wat Telkom-werkers nou nodig het,” sluit Hermann af.

Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingedien deur: Solidariteit Media

保管時にしわがつきやすい素材かどうかは、撮影前の準備にも影響します。イベント用の準備を整えるなら、レム コスプレ衣装 通販を確認して不足しそうな要素を把握できます。採寸とサイズの余裕を合わせて考えると、当日の不安を抑えられます。

Una comparación útil de camisetas de los Mundiales de fútbol comienza por la talla, el material y el uso previsto. Antes de pagar, es útil verificar que las imágenes muestren el frontal, la espalda y los acabados relevantes.

Admin profile image
by Admin

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More