Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Solidariteit waarsku DKD oor Mangaung-hofbevel
Photo: Matthew Ansley.

Solidariteit waarsku DKD oor Mangaung-hofbevel

“Werknemers en hul gesinne kan nie voortgaan om die prys te betaal vir 'n geskil tussen hul voormalige werkgewer en die staat nie."

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Werknemers by die voormalige Mangaung-korrektiewe sentrum sit volgens Solidariteit reeds sedert 1 Julie in onsekerheid oor hul salarisse, diensvoordele en voortgesette indiensneming, ondanks ’n arbeidshofbevel wat hul oordrag na die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) bepaal het.

Die vakbond het gesê die situasie raak ook werknemers se mediese dekking, pensioen- en risikovoordele en huishoudelike verpligtinge. Solidariteit het nou die DKD formeel aangemaan om aan die hofbevel uitvoering te gee en oorweeg verdere regstappe.

Onder volg die persverklaring, verbatim, soos uitgereik deur Solidariteit.


Solidariteit maan DKD oor Mangaung-werknemers en waarsku oor litigasie

7 September 2026

Solidariteit het die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) aangemaan om uitvoering te gee aan die bestaande hofbevel rakende die Mangaung- korrektiewe sentrum en sy werknemers. Sien die aanmaning hier aangeheg.

Solidariteit oorweeg moontlike litigasie indien die DKD steeds versuim om uitvoering aan die bevel te gee.

Dié stap volg nadat die minister van korrektiewe dienste, die nasionale kommissaris en die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) versuim het om behoorlik op 'n vorige skrywe van Solidariteit te reageer.

Die arbeidshof het reeds op 30 April 2026 beslis dat die DKD se oorname van die Mangaung- korrektiewe sentrum vanaf 1 Julie 2026 ʼn oordrag ingevolge artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge is.

Die sentrum word nou na die Grootvlei-gevangenis herdoop.

Die betrokke G4S-werknemers moes gevolglik outomaties na die DKD oorgeplaas word, met die voortsetting van hul diens en die regte en verpligtinge wat ingevolge die Wet en die hofbevel beskerm word.

“ʼn Hofbevel is nie ʼn uitnodiging wat die staat bloot kan ignoreer soos dit hom pas nie,” sê Theunis van Staden, koördineerder van die openbare sektor by Solidariteit.

Volgens Van Staden het talle werknemers op 1 Julie vir diens by die gevangenis aangemeld, maar is toegang geweier. Baie van die betrokke lede sit sedertdien sonder hul gereelde salaris en ononderbroke diensvoordele van óf G4S óf die DKD.

Die gevolge hiervan raak nie net agterstallige salarisse nie, maar ook werknemers en hul gesinne se mediese dekking, chroniese behandeling, pensioen- en risikovoordele, behuising, skuldverpligtinge en ander basiese huishoudelike behoeftes.

“Werknemers en hul gesinne kan nie voortgaan om die prys te betaal vir ʼn geskil tussen hul voormalige werkgewer en die staat nie.

“Die DKD het genoeg tyd en ʼn billike geleentheid gehad om met ʼn werkbare oplossing vorendag te kom. Daardie tyd het nou uitgeloop. Solidariteit het die DKD aangemaan om uitvoering aan die hofbevel te gee en oorweeg verdere litigasie indien dit nie gebeur nie,” sê Van Staden.

Solidariteit werk ook intussen saam met Solidariteit Helpende Hand om noodondersteuning aan geaffekteerde lede te bied.

Hierdie ondersteuning is egter slegs noodverligting en vervang geensins die verpligtinge wat volgens Solidariteit uit die arbeidshof se bevel voortvloei nie.


The scientist who fell into conversation with the Karoo
When plant ecologist Sue Milton-Dean arrived in Prince Albert in 1987, the Karoo was a research subject. Nearly four decades later, the region has become a place she interprets both scientifically and emotionally - one whose intricate relationships are far easier to damage than to rebuild.
Forgotten occupations that kept Barberton goldfields alive
Gold was the dream that brought them to Barberton, but gold alone did not build the town. Behind every prospector was an entire army of people whose work kept the goldfields alive.
Paper map, Google Maps or GPS?
Should you trust Google Maps, invest in a GPS or keep a paper map in the car?
Why is it so hard to hand over your car keys?
Lending someone money can be awkward, but handing over your car comes with a different kind of trust. Insurance, fines, damage and responsibility can turn a simple favour into a much bigger conversation.
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More