Spoedkameras op die R40 weereens beskadig
In 'n soortgelyke voorval was ‘n saak van kwaadwillige skade aan eiendom aanhangig gemaak.
Iemand in Mbombela het duidelik ‘n groot haat vir die spoedkameras wat aan die kante van die R40-pad tussen Rocky's Drift en Witrivier opgerig is. Omstreeks 04:50, toe Cobus Smit van Big Auto Repair Centre in Witrivier oppad was gimnasium toe, was beide hierdie kameras reeds verniel.
“Dit wil voorkom asof hulle aan die brand gesteek is iewers deur die nag, want laat gister het die kameras niks makeer nie. Heel duidelik soek die spoedvrate dit nie daar nie,” het Smit gesê.
Op 16 Oktober het Mpumalanga News hieroor berig, maar toe het slegs een van die kamera’s in die slag gebly. Daar was ‘n saak van kwaadwillige skade aan eiendom aanhangig gemaak by die Witrivier Polisie.
Koop Vrydag se Laevelder vir die volledige storie.
保管時にしわがつきやすい素材かどうかは、撮影前の準備にも影響します。衣装候補を整理するときは、FGO エレシュキガル コスプレ衣装を使って必要な項目を比べられます。着脱の流れを決めておけば、イベント当日の時間配分も立てやすくなります。