Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Klavier, Karoo en Rocco: Apollo-teater maak reg vir ’n besonderse aand
Die immer-kleurvolle Rocco de Villiers.

Klavier, Karoo en Rocco: Apollo-teater maak reg vir ’n besonderse aand

Rocco de Villiers tree op Saterdag 12 September om 18:30 in die historiese Apollo-teater op, met deure wat reeds om 18:00 open.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Loer hier na die dagprogram.

Wanneer die laaste naweek van die Victoria-Wes Kunstefees aanbreek, sal een van Suid-Afrika se bekendste pianiste agter die klavier inskuif om agt dae van kuns, musiek en teater in Victoria-Wes af te sluit.

Rocco de Villiers tree op Saterdag 12 September om 18:30 in die historiese Apollo-teater op, met deure wat reeds om 18:00 open. Kaartjies kos R250 per persoon.

De Villiers het oor dekades ’n loopbaan opgebou wat veel verder as die klavier strek. Hy is ’n pianis, komponis, vervaardiger en musikale direkteur en het talle instrumentale albums en verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy toer ook gereeld deur Suid-Afrika.

Sy loopbaan het vroeg reeds ’n sterk teatergrondslag gekry. Nadat hy in 1987 sy BMus(Ed)-graad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het, het hy na Johannesburg verhuis, waar hy musikale direkteur by die destydse Club 58 in Hillbrow geword het. Hy sou later ook as musikale direkteur en dirigent by verskeie produksies betrokke wees.

Vir gehore is dit egter sy werk agter die klavier wat hom onmiddellik herkenbaar maak. Sy repertorium sluit sy eie komposisies én vertolkings van bekende musiek in. Onder die titels wat met De Villiers verbind word, tel Kla 1 Kla 2 Kla 3 Kla 4, Liewe Hemel Liewe Aarde en Kortbroek, Langkouse.

Sy werk het oor die jare ook verskeie toekennings ontvang, waaronder ’n Vonk-toekenning, ’n Huisgenoot Tempo-toekenning en ’n Ghoema vir instrumentale musiek.

Buite die konsertsaal het De Villiers ook musiek vir televisie en film gekomponeer en as televisie-aanbieder gewerk. Programme waarby hy as aanbieder betrokke was, sluit Kook en Klavier en RoccoKlop die Klawers en Beter assie Bure in.

Sy optrede in die Apollo Teater is daarom ’n gepaste slot vir ’n fees wat juis verskillende kunsvorme onder een Karoo-dak saambring.

Wanneer De Villiers op 12 September by die Apollo-teater in Victoria-Wes optree, sal sy kenmerkende klavierspel agt dae van kuns, musiek en teater op die mooiste note denkbaar saambring en die fees op ’n verruklike musikale hoogtepunt afsluit.

RoccoDeVilliersVEVO
Teile deine Videos mit Freunden, Verwandten oder der ganzen Welt

Vir meer inligting, WhatsApp of kontak feesorganiseerders Hanlie Swart of Christi-Ann Lombard.


Victoria Wes Kunstefees 2026 to put Apollo Theatre centre stage
The Apollo is both an inheritance and an opportunity for Victoria West. The September festival creates a rare opportunity for people to make the journey to one of the Karoo’s best kept secrets.
Businesses offered brand exposure at OppiDam Musiekfees 2026
For businesses, the OppiDam Musiekfees presents an opportunity to connect directly with a large and diverse audience through a range of sponsorship packages.
Where can I find the best river cruise in Southern Africa?
Forget rushing from one safari vehicle to another. On the Chobe River, elephants come to the water while your boat drifts quietly past.
Why SASSA is reviewing grant beneficiaries in 2026, and what can trigger the paperwork
A grant review can bring unexpected admin, especially when SASSA asks for fresh proof about your circumstances. Knowing why a review happens can help you prepare before paperwork starts piling up.
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More