Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Sami Hall bring haar eenvrouvertoning na Somerset-Wes
Volg Sami Hall Says op Facebook, YouTube, Instagram en TikTok. Kyk ook na SamiPod en volg Sami Hall Reads op Instagram en Fable. Haar skakels en vertoningsdatums is op Linktree.

Sami Hall bring haar eenvrouvertoning na Somerset-Wes

“Hoekom is jy nóg single?” Sami Hall vat dié vraag en ander simpel vrae Dinsdagaand 24 November saam verhoog toe by The Drama Factory in Strand. As jy in Somerset-Wes of omgewing is, maak seker jy boek jou kaartjie.

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Is jy in Somerset-Wes of omgewing? Dan moet jy regtig ’n plan maak om Dinsdagaand by The Drama Factory in Strand uit te kom. Sami Hall is daar met Why I’m Still Single (and Other Stupid Questions), en ek weet sommer dit gaan ongelooflik lekker wees.

Sami het binne ’n kort tyd op sosiale media opslae gemaak as Sami Hall Says. Sy’s skerp en ougat en kan jou só laat lag oor ’n slaggat dat jy teen die tyd dat sy “Okay Bye” sê, al vergeet het hoekom jy in die eerste plek in solidariteit moerig was oor ’n groot gat.

My dogter bly in Somerset-Wes en sy kan nie wag om te gaan nie. Ek bly omtrent ’n uur se ry van haar af en gaan dit dié keer nie kan maak nie, waaroor ek sommer jaloers én hartseer is. Van die goed wat Sami op sosiale media kwytraak, herinner my so sterk aan my dogter dat ek klaar weet hoe lekker ons langs mekaar sou lag.

My meisiekind is ’n bietjie jonger as Sami en my seun is omtrent so oud soos sy. Aan al die jongmense met wie ek in my eie lewe te doen het, selfs die wat al lank in ’n verhouding is, vra ek nooit wanneer hulle gaan trou of kleintjies kry nie, en die laaste ding wat ek iemand sal vra is hoekom hulle single is. Ek dink dis onbeskof om aan mense te karring oor sulke persoonlike goed. Daai "nóg" in “Hoekom is jy nóg single?” is waar die knoop lê. Asof alleen wees nooit ’n keuse mág wees nie of, as jy wél iemand soek, dat jy kwansuis alleenlik die een is wat iets verkeerd doen.

samihallsays Official: Instagram | Linktree
Blêrie Influencer

Sami was vroeër dié maand met dieselfde vertoning in Kalkbaai en by Die Boer in Durbanville, en haar Kaapse draai is nou amper op 'n einde.

Dis harde werk om as kunstenaar in dié land van dorp tot dorp te gaan optree, lank van die huis af weg te wees en dit alles vir min geld te doen. Oor ’n jaar karring almal weer dat sy moet Kaap toe kom, so moenie uitmis op die geleentheid nie. Hier’s nou julle kans om haar te sien en boonop lekker te lag!

Die vertoning is op Dinsdag 24 November om 19:30 by The Drama Factory in Strand. Dit duur ’n uur en kaartjies kos R250. Bespreek jou kaartjies hier.


Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More