Subscribe to Our Newsletter

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks
Stof jou kuierskoene af, want hierdie Saterdag gooi Victoria-Wes die kunsdeure wawyd oop

Stof jou kuierskoene af, want hierdie Saterdag gooi Victoria-Wes die kunsdeure wawyd oop

Maak Victoria-Wes deel van jou Karoo-roete hierdie naweek. Dit beloof om voorwaar besonders te wees!

Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee
Loer hier na die dagprogram.

Vanaf komende Saterdag verruil Victoria-Wes vir ’n week lank ’n bietjie van die Karoo se gewone stilte vir musiek, kuns, teater, boeke en kreatiewe kuier wanneer die Victoria-Wes Kunstefees 2026 op 5 September afskop.

Die fees duur tot 12 September en speel nie net in een venue af nie. Die historiese Apollo-teater, Applous Café en die Victoria-Wes Gholfklub sal almal deel wees van ’n program wat wissel van groot verhoogoptredes tot kleiner werkswinkels en gratis gemeenskapsgeleenthede.

André Swiegers sal Saterdagaand optree om die fees behoorlik aan die gang te kry.

’n Week later sal Rocco de Villiers die fees op ’n hoë noot afsluit met sy verruklike klavierklanke.

Dié twee bekende name is net ’n deel van die lekkerte wat voorlê.

Besoekers sal deur die week kan inspring vir houtskool- en kleiwerkswinkels, ’n kunskompetisie, boekbekendstellings en ’n aand van plaaslike talent, musiek en kos by die Victoria-Wes Gholfklub. Daniël Lötter se Douwenis en Elsabé Bester se Belowe My sal ook tydens ’n gratis boekgeleentheid bekendgestel word.

Vir kinders sal daar kunsaktiwiteite, ’n kleiwerkswinkel en twee opvoerings van Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse se B is vir Boelies wees. Vrydagaand sal die aandag van die verhoog na een van die Karoo se grootste trekpleisters, sy naghemel, skuif, met ’n sterrekykaand wat by die Apollo sal begin.

Die eerste feesdag sal reeds om 09:00 hierdie Saterdag met ’n gratis mark buite Applous Café begin. Stalletjies, musiek, kos en drinkgoed sal deel van die dag vorm, voordat die galery om 18:00 sal open en die aandprogram sal begin.

Maak Victoria-Wes deel van jou Karoo-roete hierdie naweek. Dit beloof om voorwaar besonders te wees!

Vir meer inligting:

📱 WhatsApp 📞 Bel ✉️ E-pos 📘 Facebook 📸 Instagram


How to work out a budget for a road trip
Wondering how much your next Southern African road trip will actually cost? Here is a simple way to build a realistic travel budget before you leave.
📽️ The rich traditions of Swazi culture remain part of Barberton life
Although society has changed considerably over the years, many Swazi traditions remain strong, serving as a reminder of the importance of family, respect and community.
Victoria Wes Kunstefees 2026 to put Apollo Theatre centre stage
The Apollo is both an inheritance and an opportunity for Victoria West. The September festival creates a rare opportunity for people to make the journey to one of the Karoo’s best kept secrets.
We are more connected than ever, but are we really closer?
Digital communication has brought people within instant reach, but being available to one another is not the same as being close. What happens to human connection when a screen makes it easier to forget who is receiving our words?
Anchen Coetzee profile image
by Anchen Coetzee

Subscribe to New Posts

Success! Now Check Your Email

To complete Subscribe, click the confirmation link in your inbox. If it doesn’t arrive within 3 minutes, check your spam folder.

Ok, Thanks

Read More