Kris Ray en Coenie Naudé, ’n wenresep wat sin maak
Kris Ray en Coenie Naudé sal op 3 Oktober hul gewig voeg in die line-up van kunstenaars wie se stemme golwe gaan maak op die water van Vygeboomdam.

Nog twee gewilde kunstenaars, Kris Ray en Coenie Naudé, gaan die verhoog deel by OppiDam Musiekfees 2026, en as jy al die songs gehoor het waar hierdie twee manne saam optree, sal jy verstaan dat dit een van daai kombinasies is wat net reg voel, twee verskillende klanke wat hande vat om iets uniek en besonders na enige live vertoning te bring.
Kris Ray is ’n sanger en liedjieskrywer wat vinnig sy eie pad in die Afrikaanse musiekwêreld oopgebaan het. Sy styl beweeg tussen alternatiewe pop, akoestiese werk en meer kontemporêre klanke, en sy lirieke fokus dikwels op dinge waarmee die meeste mense kan assosieer. Die lekkerte en seer van die lewe soos liefde, groei en die pad wat elkeen self moet uitkerf op hierdie aarde.
Kris Ray se liefde vir musiek het vroeg reeds begin, en sy invloede kom uit verskillende oorde, van ouer Afrikaanse name tot meer moderne kunstenaars - en dit is duidelik wanneer jy hoor hoe digkuns en klank bymekaar kom in sy musiek. Dis asof daar iets bekend is daarin, maar omdat dit ook so uniek is, kan jy nie heeltemal jou vinger daarop lê nie. Dat sy werk ’n volwaardige plek inneem in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kan niemand betwis nie.
Saam met Kris Ray gaan die geliefde Laeveld-musikant, Coenie Naudé, boonop sy eie rock-gedrewe klank bring na die musiekfees. Met ’n agtergrond in klankingenieurswese en jare se ervaring as musiek-onderwyser, is hy iemand wat presies weet hoe om ’n show te maak werk om die beste uit elke oomblik te haal. Hy skryf ook sy eie musiek en het reeds deur sy loopbaan ’n katalogus gebou met ‘n aanhangerstal wat net aanhou groei.
Coenie Naudé het al saam met gevestigde name opgetree en was deel van menig verhooglyne met name soos Francois van Coke en Spoegwolf. Sy styl leun na Afrikaanse rock en folk-rock, en die wisselwerking tussen hom en Kris Ray, wat as ’n eenheid hul unieke dimensie na dieselfde verhoog bring, beloof om ’n wenresep te wees.
Kris Ray en Coenie Naudé sal op 3 Oktober hul gewig voeg in die line-up van kunstenaars wie se stemme golwe gaan maak op die water van Vygeboomdam.
Maak dit ’n naweek om te onthou by OppiDam.
Bespreek vroeg en moenie uitmis nie.
📞 WhatsApp: 066 327 1068
✉ Email: bookings@oppidam.co.za
🌐 Website: https://www.oppidam.co.za/
Africa InTouch News sal lesers op hoogte hou soos nog kunstenaars bevestig word, en oor die komende maande sal ons die program bekendstel soos dit vorm aanneem.
